loader image
Skip links

Pakhuis trek nuwe baadjie aan

Pakhuis trek nuwe baadjie aan

Die Emira Property Fund gradeer ‘n pakhuis in die nywerheidspilpunt Denver in Johannesburg teen R8,2 miljoen op.

Dié belegging is op ‘n prima perseel op die hoek van Mimetesweg en Krugerstraat.

“Die opknapping van ons pakhuis in Denver vorm deel van ons strategie om die gehalte van ons bates te verbeter,” sê Ulana van Biljon, bedryfshoof van Emira. Sy sê die eiendom se ligging is uitstekend – dit is in ‘n gevestigde nywerheidsgebied met maklike toegang tot die hoofweg, goeie veiligheid en voldoende elektrisiteit.

Wanneer die projek teen Maart vanjaar voltooi is, gaan die nuwe eiendom ruimte van 9 800m2 vir kontemporêre kantore van 1 000 m2 hê, ‘n nuwe ingang en ‘n pakhuis van 8 800m?. Die kantore en pakhuis word met energiedoeltreffende beligting toegerus om die besettingskoste van die eiendom te help verlaag. Die gebou kry ook ‘n nuwe fasade.

Leave a comment