Kantoormark verg kreatiewe denke
Kantoormark Verg Kreatiewe Denke
Eienaars van kantooreiendom word gedwing om skeppend te werk te gaan om hul blootstelling aan die sukkelende kantoorsektor te verminder asook huurders te lok.
Die sektor gaan gebuk onder hoe leegstaansyfers aangedryf deur n gedempte vraag na ruimte in n swak ekonomiese omgewing. Dit sowel as n vlaag van groot korporasies wat hul ondernemings in een enorme nuwe eiendom konsolideer en dan verskeie geboue leeg agterlaat.
Talle huurders verkies ook deesdae kleiner ruimtes, wat veral n uitdaging is in die B- en C– graad- kantoorsektor, waar die leegstaansyfers in sekere gebiede tot 25% geklim het, se Keillen Ndlovu, hoof van Stanlib se genoteerde eiendomsfondse.
Hy Verwag dat die uitdagende kantoormark tyd gaan neem om te herstel. “Die vooruitsig vir die herstel is waarskynlik tussen twee en dire jaar.”
Hy sé sakevertroue en ekonomiese groei moet eers verbeter om die vraag na kantooreiendom ‘n hupstoot te gee.
Die kantoorsektor is tans ‘n absolute huurdersmark waar huurders sterk bedingingsvermoë het. “In die B- en C-graad-kantoorsektor bied sommige kantooreienaars gratis huurperiodes vir tot een jaar om huurders te lok.”
Hy sê ander bied 50% -afslag op huurgeld per jaar vir die volgende twee jaar.
Nuwe tendense
Een van die tendense tans is die omskakeling van onbenutte kantoorgeboue in residensiële verblyf.
Ndlovu sê dit hou die risiko in dat ‘n ooraanbod van residensiële verblyf in sekere gebiede kan ontwikkel.
Hy glo dat van die ou kantore ook in bergingseiendomme omgeskakel kan word omdat ‘n toename in residensiële eenhede die vraag na bergingsruimte kan opstoot.
‘n Uitstekende voorbeeld van ‘n maatskappy wat suksesvol nuwe lewe in ou kantoorbates blaas, is die Emira Property Fund.
Dié fonds het vroeër vanjaar sy debuut in die residensiële eiendomsbeleggingsektor gemaak deurdat hy begin het om die kantore wat Sasol vantevore gehuisves het, in ‘n sjiek residensiële ontwikkeling, The Bolton, om te skakel.
Die projek kom daarop neer dat 10 000 m? se ou kantore 280 verhuurbare residensiële eenhede word. Die eerste huurders is reeds vroeër in Augustus verwelkom en die projek gaan na verwagting in Januarie 2019 voltooi wees.
Geoff Jennett, uitvoerende hoof van Emira, sê die toetrede tot residensiële eiendomsbeleggings is goeie diversifikasie vir Emira se portefeulje en die fonds is aktief op die uitkyk vir verdere geleenthede in die sektor. “Ons wil graag saam met sektorkundiges, wat op die laermiddelklaseiendomsmark gemik is, belê.”
Hy sê die maatskappy oorweeg ook verdere kantooromskakelings namate geleenthede na vore kom.
Emira se oogmerk is om sy residensiële blootstelling tot tussen 5% en 10% van sy totale portefeulje uit te brei.
Emira het in die jaar tot einde Junie sy blootstelling aan kantore tot 35,7% van die totale bates verminder deur onder meer sewe kantooreiendomme van die hand te sit.
Hoeveel kantore staan leeg?
Die nasionale kantoorleegstaansyfer het aan die einde van die tweede kwartaal vanjaar op 11,1% gestaan, blyk uit die jongste kantoorleegstaanverslag van die Vereniging van Eiendomseienaars van Suid-Afrika (Sapoa).Dis steeds hoog,maar 0,4 persentasiepunte laer as die vorige kwartaal.
Onder die vyf groot metropolitaanse gebiede het die Kaapse metro die laagste kantoorleegstaansyfer van 7% gehad en die eThekwinimetro die hoogste van 13,2%.
Die middestedelike gebied van Durban bly die hoofaandrywer van die oorhoofse leegstaansyfer in die metro en het die laastekwartaal op 19,4%gestaan. Die Johannesburgse metro het die naashoogste leegstaansyfer gehad: 12,4%.
Aan die eindevan die tweede kwartaal was kantoorontwikkelings in aanbou 512000 mz – heelwat minder as die hoogtepunt van 982 000 m? in die vierde kwartaal van 2015. Ontwikkelingsaktiwiteit uitgedruk as ‘n persentasievan bestaande kantoorvoorraad – beloop 2,8%.
Van kantore tot woonstelle: ‘n Kunstenaarsvoorstelling van hoe Emira se kompleks The Bolton in Rosebank gaan lyk wanneer dit voltooi is. Die gebou het Sasol vantevore gehuisves.