emira-logoemira-logoemira-logoemira-logo
  • HOME
  • ABOUT US
  • THE TEAM
  • PROPERTIES
  • INVESTORS
  • BROKERS
  • CSR
  • CONTACT US
Emira word ‘n korporatiewe reitContact

Die genoteerde Emira-eiendomsfonds gaan sy struktuur vereenvoudig deur na ‘n intern-bestuurde korporatiewe eiendomsbeleggings-trust (reit) oor te skakel.

Deur na ‘n korporatiewe reit oor te skakel, gaan Emira permanent van sy eksterne bestuurstruktuur ontslae raak en die vereenvoudigde onderneming na Emira Property Fund Limited, ‘n nuwe regsentiteit, skuif.

Die nuwe Emira sal op die JSE genoteer wees as ‘n korporatiewe reit en aan die JSE verslag doen, pleks van die Raad op Finansiële Dienste (RFD).

James Templeton, uitvoerende hoof van Emira, sê deur na ‘n korporatiewe reit oor te skakel, sal die struktuur verbeter en beleggers sal groter aandeelhouerregte hê. Dié fonds is tans ‘n eiendomsbeleggingstrust.

Emira het ‘n omsendbrief met die besonderhede van die voorgestelde transaksie aan sy deelnemende belangehouers gestuur en hou op 8 Mei ‘n algemene vergadering.

Menu

  • ABOUT US
  • THE TEAM
  • PROPERTIES

Menu

  • INVESTORS AND MEDIA
  • BROKERS
  • CSR

MENU

  • CONTACT US
  • INFO@EMIRA.CO.ZA
  • facebook
  • linkedin
  • twitter
© Copyright 2020 - Emira | Digital Transformation by PHNX
    Close
    fb mail share printer fb mail share printer