NUWE MIDDEL TEEN KEWER BEPROEF
NUWE MIDDEL TEEN KEWER BEPROEF
N MIDDEL vir die doeltreffende behandeling van bome wat met stompkopkewers (Euwallacea nr. fornicates) besmet is, word in Gauteng getoets.
Tot dusver is doeltreffende behandeling vir die besmettingnog nie gevind nie.
Die maatskappy Beetle Busters het ‘n gifstof ontwikkel wat nie die kewers laat vrek nie, maar die swam waarmee die kewers bome besmet. Die swam dien asvoedsel vir die kewers en dit is die swamwat gasheerbome laat vrek.
Bestaande behandelings konsentreer op die vergiftiging van die stompkopkewer self.
Dié benadering kan egter ook dodelik vir die gasheerboom wees. Beetle Busters se behandeling wis eerder die swam uit waarop die kewer en sy nageslag voed, wat die kewers laat verhonger.
AVOKADOBOME VATBAAR
Beetle Busters het onlangs dié behandeling vir die besmetting geregistreer. Dit word tans getoets op bome by die Emira Property Fund sekantoor by die Hyde Park Lane-kantoorkompleks in Johannesburg
“As hierdie behandeling suksesvol is, sal dit ‘n beduidende ingryping tot die landwye verspreiding van stompkopkewers tot gevolg hé en onshelp om ons bome te red,” sê mnr. Tim Conradie van Beetle Busters. “Ons hoop om in die lente die resultate te bevestig en dat die bome weer salbegin groei.”
Verskeie landbougewassewat in Suid-Afrika verbou word, is gasheerbome.Avokado’s ishoogs vatbare, reproduktiewe gashere.
Die kewer het avokadoproduksie in Israel en Kalifornië erg benadeel. Die kewer is nog nie in kommersiële avokadoboorde in Suid-Afrika waargeneem nie, maar verteenwoordigers van avokadoprodusente doen reeds navorsing in diéverband.
Die kewerbesmetting hou ook gevaar in vir pekanneutbome. Veldtoetse is by Jan Kempdorp by dieVaalhartsskema onderweg om pekanneutbome se weerstand teen die swamte toets.
ANDER POGINGS
Die stompkopkewer is amptelik die eerste keer in 2017 in KwaZulu-Natal gewaar. Die afgelope paar jaar het dit beduidende skade aan bome veroorsaak. Duisende bome het al in Johannesburg gevrek.
Landbouweekblad het in September berig die Vrystaatse maatskappy Pan African Farms maak daarop aanspraak dat hy ‘n tegniek ontwikkel het om die swam waarop die kewers voed, te vernietig.