Emira se uitkering hoër

Johannesburg. – ‘n Skerp afname in sy leegstaansyfer het die Emira Property Fund gehelp om stewige uitkeringsgroei van 9% per deelnemende belang te behaal vir die ses maande tot einde Desember.

“Die raakvat-benadering van Emira se bestuur die afgelope twee jaar het die totale leegstand tot 4,9% aan die einde van Desember laat daal van 7,8% in Desember 2012,” sê Maurice Shapiro, fondbestuurder van Ma’alot Investments.

James Templeton, uitvoerende hoof van Emira se verkrygings, kontraktuele huurstygings en beduidende vordering met verhurings.

Shapiro sê hy is beïndruk met die Emira-bestuur se innoverende volhoubaarheidstrategie. As deel van die strartegie het Emira onlangs ‘n R6 miljoen- sonkragaanleg op die dak van sy Epsom Downs-winkelsentrum in Bryanston geïnstalleer. Dié aanvorprojek is sy eerste stap om hernieubare energie-oplossings deel van sy portefeulie te maak.

Recent Posts
Contact Us

We're not around right now. But you can send us an email and we'll get back to you, asap.